Wynproe-ambassadeur
Closing Date : 2015-11-20
Closed : Yes
Description:
om gaste/besoekers met styl te ontvang, wynproeë aan te bied, bystand met wynverkope te verleen en inligting oor Suid-Afrika, Franschhoek, die wynbedryf en La Motte en sy produkte oor te dra. Verdere verpligtinge sluit in hulp met bemarkingsverwante aktiwiteite en administratiewe take wat met die pos verband hou.
Aansoeke word ingewag van kandidate wat aan die volgende voldoen
• die vermoë om besoekers ’n spesiale “La Motte-ervaring” te bied • uitmuntende taalvaardighede in Afrikaans en Engels (’n derde taal sal as ’n aanbeveling dien) • grondige kennis van wyn (ondervinding in ’n soortgelyke posisie sal gunstig oorweeg word) • algemene kennis ten opsigte van Suid-Afrika en die wynbedryf • rekenaarvaardigheid • bereidwilligheid om vakansiedae, Saterdae en Sondae te werk.
La Motte bied ’n mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande vereistes.
As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...