Debiteure-/Krediteure-/ Administratiewe Assistent
Closing Date : 2015-11-17
Closed : Yes
Description:
Rawsonville, beskik tans oor die onderstaande vakature:
Debiteure-/Krediteure-/ Administratiewe Assistent
Die suksesvolle aansoeker moet energiek en dinamies wees, eie inisiatief kan gebruik en oor goeie kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels beskik. Een jaar ondervinding in ’n soortgelyke betrekking, met deeglike administratiewe, rekenaar- (Pastel, Point of Sale, Pastel Payroll en Wine MS) en syfervaardighede is verdere vereistes terwyl ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie in die aansoeker se guns sal tel.
Die posbekleër sal aan die Rekenmeester rapporteer en verantwoordelik wees vir die administratiewe en rekeningkundige funksies van die onderneming. Pligte sal onder andere die volgende behels: • debiteure en krediteure • voorraadbeheer • statutêre opgawes • die byhou van rekeningkundige rekords op Pastel • loonadministrasie • hulpverlening met wynverkope • die aanbied van wynproeë en ander ad hoc administratiewe take.
Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...