Job Details

Skakelbeampte/Verkope

Closing Date : 2015-11-16
Closed : Yes
Description:
Botha Wynkelder, in die Breedekloof Wynvallei geleë, beskik tans oor hierdie opwindende loopbaangeleentheid: Skakelbeampte/Verkope As jy tweetalig is, goeie menseverhoudinge kan handhaaf, ’n uitstekende kommunikeerder is, organisatories, onder druk en baie noukeuring kan werk asook ’n sterk aanvoeling vir bemarking het, is jy net die persoon vir hierdie uitdagende posisie. ’n Naskoolse kwalifi kasie in ’n handels- of bemarkingsrigting is die formele vereiste, met soortgelyke ondervinding as besliste aanbeveling. Die uiteenlopende pligte behels onder andere: • die organisering en koördinering van promosies en wynfeeste • wynverkope • die aanbieding van formele en informele wynproeë • skakeling met kliënte en alle ander belangegroepe • bemarkings- en skakelaktiwiteite • mark navorsing • die bestuur en beheer van bemarkingsplanne • die uit bou en handhawing van kliënteverhoudinge binne die wynbedryf • alle ander take wat met die pos verband hou. In ruil bied Botha Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket wat die normale byvoordele insluit. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat die aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...