Job Details

Defek Sorterings Spesialis (Vrugte industrie)

Closing Date : 2020-08-24
Closed : Yes
Description:
Sonlia Vrugte Pakhuis, gebaseer in die Wellington omgewing, beskik tans oor die bogenoemde betrekking in hul nuwe pakstoor toegerus met die nuutste Maf Roda tegnologie. Hierdie posisie is gepas vir ‘n dinamiese, analitiese, detail- en tegnologies-georiënteerde persoon wat ingestel is op deurlopende evaluering en verbetering. Die suksesvolle kandidaat sal aan die Pakhuisbestuurder rapporteer en sal verantwoordelik wees vir alle aspekte rakende die elektroniese defek sorteringstelsel, wat onder meer die volgende insluit: * optimale opstel, programmering en aanpassing van defek sorterings tegnologie * verseker dat defek sorterings tegnologie korrek funksioneer volgens riglyne * samewerking met Produksiebestuurder rakende pakprogramme en pakstandaarde * monitering van kwaliteit soos gesorteer deur die gradeerder * instandhouding van rekenaarprogrammatuur met behulp van Maf Roda tegnici * verwante administratiewe take asook alle ander take relevant tot die posisie. Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring: • Graad 12 (Matriek) met Wiskunde; • Ongeveer 1 - 3 jaar ervaring in ‘n soortgelyke rol en met defek sorterings tegnologie in die vrugte industrie; • Uitstekende rekenaarvaardigheid (spesifiek Microsoft Excel, Vitrax sal voordelig wees); • Ten volle tweetalig (Afrikaans & Engels); • Bestuurderslisensie en eie betroubare vervoer. Die suksesvolle kandidaat moet bereid wees om na-ure te werk. Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 24 Augustus 2020. Vir algemene navrae, kontak ons Werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444. Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...