Geregistreerde Verpleegkundige
Closing Date : 2015-12-11
Closed : Yes
Description:
Sunfield Nasorgsentrum vir intellektueel gestremde volwassenes is ‘n goed gevestigde nie winsgewende maatskappy, geleë aan die voet van Bainskloof pas in die skilderagtige Wellington en beskik tans oor die volgende geleentheid:
GEREGISTREERDE VERPLEEGKUNDIGE
Die ideale kandidaat kan goeie menseverhoudinge handhaaf, is baie geduldig, liefdevol en empaties en beskik oor goeie rekordhouding vaardighede. ‘n Vier (4) jaar Verpleegkundige Diploma/graad is noodsaaklik. Vorige beroepsgesondheid- en veligheid, rekenaarvaardig asook ondervinding in die hantering van intellektueel gestremdes sal in die aansoeker se guns tel. Kandidaat moet in besit wees van ‘n geldige lisensie.
Hierdie veelsydige pos sluit die volgende verantwoordelikhede in: * skakeling met multidisiplinêre span * verpleging van inwoners * siekeboeg instandhouding & na-ure noodgevalle * deurlopende verslagdoening * koördinering en toepassing van gesondheid en veiligheids maatreëls/plan * alle ander ad hoc funksies wat verband hou met die pos.
In ruil bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat die aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...