Job Details

Plaasbestuurder (Sitrus)

Closing Date : 2020-05-29
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ‘n boerdery geleë in Montagu, beskik tans oor die bogenoemde betrekking vir ‘n proaktiewe individu met uitstekende leierskaps-, beplannings- en kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels). Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die eienaar rapporteer en sal verantwoordelik wees vir die volle boerderyfunksie, wat onder meer die volgende sal insluit: •Bestuur van alle produksie (snoei, besproeiing, bemesting, bespuiting, oes, ensovoorts); •Onderhoudsbestuur; •Personeel/Span bestuur; •Rekordhouding van produksieverslae; •Bestuur van die begroting; •Bestuur van kostes; •Kwaliteitsbestuur; •Alle ander pligte relevant tot die posisie. Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring: • ‘n Relevante na-skoolse kwalifikasie; • Minimum 5 jaar werkservaring in sitrusboerdery (groenteboerdery, spesifiek pampoenboerdery kennis sal voordelig wees); • Kennis van boerdery implemente; • Sterk vermoë om 'n span van 50 werkers te bestuur; • Geldige bestuurderslisensie. In ruil bied ons kliënt ‘n mededingende vergoedingspakket aan wat 3-slaapkamer behuising insluit asook ‘n plaasvoertuig met brandstof. Diensaanvaarding: 1 Julie 2020 Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 29 Mei 2020. Vir algemene navrae, kontak ons Werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444. Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, aanvaar asb dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...