Job Details

Menslike Hulpbronbestuurder

Closing Date : 2020-05-14
Closed : Yes
Description:
Breëriviervallei Bottelerings Ko-op Bpk. beskik tans oor die bogenoemde posisie vir ‘n dinamiese, georganiseerde en gestruktureerde persoon met uitstekende interpersoonlike en kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels. Verantwoordelikhede sal onder meer die volgende insluit: • Beleide • Personeel rekords • Salarisadministrasie • Prestasiebestuur • Werwing en opvolgbeplanning • Vaardigheidsontwikkeling • Gelyke indiensneming • Arbeidsverhoudinge (insluitend skakeling met die vakbond) • BBBEE-verslaggewing • alle ander take wat met die posisie verband hou. Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring: • Graad in Menslike Hulpbronne of verwante vakgebied; • Minimum 5 jaar ervaring in ‘n soortgelyke posisie, spesifiek ervaring met vakbonde; • Werkservaring met VIP sal voordelig wees; • Kennis van beroepsgesondheid en -veiligheid sal voordelig wees; • Ervaring in die wyn-/landboubedryf sal in die kandidaat se guns tel. Doen asseblief voor 09:00 op 14 Mei 2020 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir algemene navrae, kontak ons werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444. Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...