It appears you are using an older browser, please note that this site will not function properly!
Job Details

Weegbrug Operateur

Closing Date : 2020-04-14
Closed : Yes
Description:
Profile Feeds, geleë in die Klapmuts-area, bied tans die bogenoemde betrekking vir ‘n gedrewe en proaktiewe persoon met uitstekende kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede (Afrikaans en Engels).

Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir die volgende: *Laai van vragmotors *Skedulering van die Menglyn Operateurs se werk en vragbeplanning vir produksie *Skakeling met kliënte rakende bestellings en vragte *Weeg van roumateriale *Skedulering van die drywers se roetes en skedules op FleedBoard *Gradering van roumateriaal *Kwaliteitskontrole van produkte voordat dit die perseel verlaat *Alle ander take wat met die posisie verband hou.

Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring:
• Matriek;
• Minstens 3 jaar soortgelyke ervaring in ‘n voerfabriek;
• Uitstekende rekenaarvaardigheid;
• Geldige Kode-14 bestuurderslisensie en eie vervoer.

Verdere vereistes:
Bereidwilligheid om skofte en geskeduleerde naweke te werk.

In ruil bied Profile Feeds mededingende vergoeding aan.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Doen asseblief aanlyn aansoek op www.m3online.co.za voor 09:00 op 14 April 2020.

Vir algemene navrae, kontak ons Werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444.

Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.