It appears you are using an older browser, please note that this site will not function properly!
Job Details

Plaasbestuurder (Sitrus- en Groente)

Closing Date : 2020-03-16
Closed : Yes
Description:
‘n Boerdery, geleë in Montagu, beskik tans oor die bogenoemde betrekking vir ‘n proaktiewe individu met uitstekende leierskaps-, beplannings- en kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels).
Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die eienaar rapporteer en sal verantwoordelik wees vir die volle boerderyfunksie, wat onder meer die volgende sal insluit •Bestuur van alle produksie (snoei, besproeiing, bemesting, bespuiting, oes, ensovoorts) •Onderhoudsbestuur •Personeel/Span bestuur •Rekordhouding van produksieverslae •Bestuur van die begroting •Bestuur van kostes •Kwaliteitsbestuur •Alle ander pligte relevant tot die posisie.

Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring:
• ‘n Relevante na-skoolse kwalifikasie;
• Minimum 5 jaar werkservaring in sitrus en/of groente (Pampoenboerdery kennis sal voordelig wees);
• Kennis van boerdery implemente;
• Sterk vermoë om die span van 50 werkers te bestuur;
• Bestuurderslisensie

In ruil bied die boerdery ‘n mededingende vergoedingspakket aan wat 3-slaapkamer behuising insluit asook ‘n plaasvoertuig met brandstof.

Diensaanvaarding: 1 Julie 2020

Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 16 Maart 2020.

Vir algemene navrae, kontak ons Werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444.

Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.