It appears you are using an older browser, please note that this site will not function properly!
Job Details

Strategiese Bestuurder

Closing Date : 2020-03-02
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ‘n bekende maatskappy in die wynbedryf in die Rawsonville area, bied tans die bogenoemde uitstekende loopbaangeleentheid aan. Die ideale kandidaat is ‘n onafhanklike individu wat oor uitstekende strategiese beplannings- en interpersoonlike vaardighede (Afrikaans en Engels) beskik, en goed onder druk kan werk.
Die suksesvolle kandidaat sal aan die Direksie rapporteer en sal onder meer verantwoordelik wees vir die volgende: *Strategiese Bestuur *Waardeproposisie *Hulpbronne ontwikkeling *alle ander take relevant tot die posisie.

Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring:
• ‘n Relevante na-graadse kwalifikasie;
• Minimum van 15 jaar relevante ervaring;
• Ervaring en kundigheid van die wynbedryf in terme van strategiese bestuur en ontwikkeling van hulpbronne en markte.

In ruil bied ons kliënt ‘n mededingende vergoedingspakket aan.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Doen asseblief aanlyn aansoek op www.m3online.co.za voor 09:00 op 2 Maart 2020.

Vir algemene navrae, kontak ons Werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444.

Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.