Voorraad & Logistieke Koördineerder
Closing Date : 2015-10-23
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, 'n bekende wynlandgoed in Stellenbosch het tans die bogenoemde posisie beskikbaar vir 'n ervare, dinamiese en self-gemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk te werk. 'n Matriek sertifikaat, ten minste 1 jaar ondervinding in 'n soortgelyke posisie en rekenaargeletterdheid (Pastel & Excel) is vereistes vir hierdie pos. 'n Toepaslike tersiêre kwalifikasie en ondervinding in die wynbedryf sal in die aansoeker se guns tel.
Die pligte behels onder andere: * aankoop en bestuur van droë voorraad * voorraad kontrole* alle aspekte rakende die hantering van die uitvoer dokumentasie * hantering van alle bestellings * SAWIS / doeane en aksyns administrasie * dag-tot-dag skakeling met logistieke maatskappye * alle ander administratiewe take wat verband hou met die pos.
In ruil bied ons kliënt 'n mededingende vergoedingspakket.
Aanvangsdatum: so gou as moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...