Job Details

Plaasbestuurder (Steenvrugte en Kernvrugte)

Closing Date : 2020-03-02
Closed : Yes
Description:
Plaasbestuurder (Steenvrugte en Kernvrugte) Elkana Boerdery, geleë in Simondium, beskik tans oor die bogenoemde betrekking vir ‘n proaktiewe individu met uitstekende leierskaps-, beplannings- en kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels). Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die eienaar rapporteer en sal verantwoordelik wees vir die volle boerderyfunksie, wat onder meer die volgende sal insluit •Bestuur van alle produksieprosesse (snoei, besproeiing, bemesting, bespuiting, oes, ensovoorts) •Onderhoudsbestuur •Personeelbestuur •Rekordhouding en samestelling van produksieverslae •Bestuur van die landboubegroting •Bestuur van bedryfskoste •Kwaliteitsbestuur •Alle ander pligte relevant tot die posisie. Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring: • ‘n Relevante naskoolse kwalifikasie; • Minimum 5 jaar werkservaring van pruime en pere (insluitend in ‘n bestuurs-kapasiteit); • Kennis van relevante kwaliteitstelsels; • Uitstekende rekenaarvaardigheid; • Bestuurderslisensie en eie vervoer. In ruil bied Elkana Boerdery ‘n mededingende vergoedingspakket aan wat behuising insluit. Diensaanvaarding: So gou as moontlik Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 2 Maart 2020. Vir algemene navrae, kontak ons Werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444. Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...