Job Details

Vloot Kontroleur

Closing Date : 2020-02-24
Closed : Yes
Description:
Vloot Kontroleur Ons kliënt, ‘n gevestigde padvervoer/logistieke maatskappy geleë in die Boland, bied tans die bogenoemde betrekking vir ‘n onafhanklike, tweetalige persoon (Afrikaans en Engels) wat oor uitstekende kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede beskik en goed onder druk kan werk. Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir die volgende: *daaglikse skedulering van die oplaai en aflaai van produkte *monitering van voertuig roetes *bestuur van bestellings *hantering van relevante dokumentasie *rekordhouding *skakeling met drywers en kliënte *personeelbestuur *kwaliteitsbestuur *uitbreiding van kliëntebasis *alle verwante administratiewe take. Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring: • Deeglike administratiewe- en beplanningsvaardighede; • Uitstekende rekenaarvaardigheid (MS Office); • Bestuurderslisensie en eie betroubare vervoer; • ‘n Toepaslike naskoolse kwalifikasie in Logistiek, asook vorige ondervinding in ‘n logistieke/vervoer omgewing sal in die kandidaat se guns tel. Verdere vereistes: Bereidwilligheid om oortyd en naweke te werk. In ruil bied ons kliënt mededingende vergoeding aan. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Doen asseblief aanlyn aansoek op www.m3online.co.za voor 09:00 op 24 Februarie 2020. Vir algemene navrae, kontak ons Werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444. Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...