Restauranteur - Rooiberg Wynkelder
Closing Date : 2020-02-21
Closed : Yes
Description:
Rooiberg Wynkelder (Robertson) nooi geskikte kandidate, wat beskik oor die nodige ondervinding in die restaurantbedryf, gemaklik met mense skakel en ‘n passie vir kos en wyn het, om aansoek te doen om hulle restaurant, Bodega de Vinho, op ‘n huurbasis te bedryf.
Benewens bogenoemde, word die volgende vaardighede van aansoekers verwag:
• Moet rekenaarvaardig wees (E-pos, Excel en Word)
• Uitstekende kliëntediensvaardighede
• Bestuur kombuispersoneel en kelners
• Goeie organisatoriese vaardighede
• Kwaliteitsbestuur
• Voorraadbeheer, kontrole en bestellings
• Ten minste 2 – 5 jaar Restaurant- / Spysenieringsondervinding kan in u guns tel
Die volgende is voorvereistes van die pos:
• Matriek
• Kode 8-bestuurslisensie
• Vlot Afrikaans en Engels
• Bereid wees om Saterdae te werk
Diensaanvaarding: 1 Mei 2020
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 21 Februarie 2020.
Vir algemene navrae, kontak ons Werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444.
Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...