Finansiële/Administratiewe Beampte
Closing Date : 2015-10-23
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n bekende wynlandgoed, geleë in Stellenbosch, beskik tans oor hierdie geleentheid vir ’n energieke, dinamiese persoon wat eie inisiatief kan gebruik en oor goeie kommunikasievaardighede beskik in beide Afrikaans en Engels.
’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie, 2 jaar toepaslike ondervinding sowel as deeglike administratiewe, rekenaar- en syfervaardighede (Pastel) is vereistes vir die pos.
Die aansoeker sal verantwoordelik wees vir administratiewe en rekeningkundige funksies en behels onder andere fakturering, loonadministrasie, kleinkas administrasie, byhou van rekeningkundige rekords, wynklub administrasie en alle ander ad hoc administratiewe take verwant aan die pos.
In ruil vir u bydrae bied ons klient ’n mededingende vergoedingspakket aan.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...