Menslike Hulpbron- en Nakomings Bestuurder
Closing Date : 2020-02-18
Closed : Yes
Description:
Menslike Hulpbron- en Nakomings Bestuurder
Boplaas 1743 Estate, geleë in die Simondium-omgewing van die Wynland-distrik, beskik tans oor die bogenoemde posisie.
Indien u ‘n selfgemotiveerde Menslike Hulpbron Bestuurder is met uitstekende interpersoonlike vaardighede en oor die vermoë beskik om onafhanklik te werk; is hierdie posisie vir jou! Daar sal van u verwag word om ‘n verskeidenheid van Menslike Hulpbron dienste te bied oor alle vlakke van die werkersmag.
Die primêre pligte en verantwoordelikhede van die suksesvolle kandidaat sal die volgende insluit: *arbeidsverhoudinge *personeeladministrasie en kontrakte *koördinering van opleiding en ontwikkeling *welstand van werknemers * fasilitering en rekordhouding van gelyke indiensneming- en vaardigheidsplan *werwing *behuisingsooreenkomste *Siza en GlobalGap-oudits *Gesondheid- en veiligheidsrekordhouding *alle ander Menslike Hulpbron- en administratiewe take wat met hierdie posisie verband hou.
Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring:
• Twee jaar ervaring in 'n soortgelyke rol;
• Relevante Menslike Hulpbron-kwalifikasie;
• Volledig tweetalig (Afrikaans en Engels; Xhosa sal voordelig wees);
• Bereidwilligheid om na verskillende produksie-eenhede oor die Wes-Kaap te reis;
• Ondervinding in SIZA- en GlobalGap-oudits sal voordelig wees.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 18 Februarie 2020.
Vir algemene navrae, kontak ons Werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444.
Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...