Vurkhyser Drywer/ Stoorman - Nexus AG
Closing Date : 2020-01-29
Closed : Yes
Description:
NexusAG is een van die voorste verspreiders wat omvattende gewasoplossings aan hul kliënte in Suider-Afrika bied.
VURKHYSER DRYWER/ STOORMAN
NexusAG beskik tans oor die bogenoemde betrekking vir ’n betroubare tweetalige persoon met goeie kommunikasie vaardighede, 1-3 jaar toepaslike ondervinding in ’n soortgelyke betrekking asook ’n geldige vurkhyserlisensie.
Die suksesvolle kandidaat se verantwoordelikhede sluit in: • Doeltreffende hantering en kontrole van inkomende en uitgaande voorraad • bestuur van vurkhyser • voorraadtellings • algemene stoor huishouding en veiligheid • direkte en gereelde skakeling met rolspelers, insluitend drywers, kliënte, agente en verskaffers.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za of gee jou CV af te Turk Straat 2, Paarl, voor 09:00 op 29 Januarie 2020. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management op 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...