It appears you are using an older browser, please note that this site will not function properly!
Job Details

Menslike Hulpbronbestuurder (Junior) - Nexus AG

Closing Date : 2020-01-31
Closed : Yes
Description:
NexusAG is een van die voorste verspreiders wat omvattende gewasoplossings aan hul kliënte in Suider-Afrika bied.

MENSLIKE HULPBRONBESTUURDER
(Junior)

NexusAG, met sy kantore geleë in Paarl, beskik tans oor die bogenoemde betrekking vir ’n dinamiese en gedrewe persoon met ’n kombinasie van uitstekende organisasie- en beplanningsvaardighede, uitstekende interpersoonlike en kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels), asook bewese menslike hulpbronbestuurskennis om by hul span aan te sluit.

’n Relevante tersiêre kwalifikasie (B-graad) en ± 3–5 jaar toepaslike ervaring in menslike hulpbronbestuur is verdere vereistes vir hierdie posisie. Kandidate met ervaring in die landboubedryf sal voorkeur geniet.

Die suksesvolle kandidaat sal aan die Hoof Uitvoerende Beampte rapporteer en verantwoordelikhede sluit onder andere in: • daarstel en instandhouding van MH-beleide • verseker maatskappynakoming van wetlike vereistes • personeelvoorsiening, -werwing en -opvolgbeplanning • instandhouding van personeelrekords • vergoedingsbeplanning en -bestuur • identifiseer en bestuur vaardigheidsontwikkeling van personeel • hanteer dissiplinêre prosesse • instandhouding van prestasiebestuurstelsel • EE- en BEEadministrasie en verslagdoening • assisteer agentskappe met MH Oudits • algemene MH-Bestuurstake • alle administratiewe take wat met die pos
verband hou.

Doen asseblief voor 09:00 op 31 Januarie 2020 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management op 021 863 1444.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.