Job Details

Huishoudster

Closing Date : 2015-10-08
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n besige familie met hul woning geleë in die Paarl is opsoek na ’n ervare huishoudster om om te sien na hul huis. Huishoudster Die suksesvolle kandidaat is goed versorg, vlot tweetalig en beskik oor goeie lees en skryf vaardighede. Verder word ‘n eerlike, betroubare kandidaat wat bereid sal wees om opdragte van die eienaars te ontvang en pligte netjies en korrek uit te voer verlang. Die geskikte kandidaat moet onafhanklik kan werk, detail georiënteerd wees, etiket en formele diens verstaan en die huishouding kan bestuur. Vorige ondervinding is ‘n vereiste. Die suksesvolle aansoeker se pligte behels oa: * skoonmaak en opruim van huis (binne en buite) * versorging van wasgoed * behulpsaam met voorbereiding van maaltye en verversings * aankope en voorraadvlakke monitor van kruideniersware en huishoudelike items * antwoord van telefoon en die neem van boodskappe en alle ander normale take soos opgedra deur die eienaars of ‘n persoon in ‘n toesighoudende posisie. In ruil bied ons klient ’n mededingende vergoedingspakket aan. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...