Bestuurder/Wynmaker (Wynlandgoed)
Closing Date : 2015-10-13
Closed : Yes
Description:
Bestuurder/Wynmaker
(Wynlandgoed)
Ons kliënt, ’n toonaangewende wynlandgoed in die Riebeek-Wes area, beskik tans oor die bogenoemde betrekking. Die geskikte kandidaat moet goeie menseverhoudinge kan handhaaf, op alle vlakke kan kommunikeer, passievol wees, onafhanklik kan werk en eie inisiatief kan gebruik. Praktiese ondervinding van 5 tot 10 jaar asook ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie in Wingerd- en Wynkunde is verdere vereistes vir die pos.
Die suksesvolle kandidaat rapporteer direk aan die Eienaar en is verantwoordelik vir: • die wingerdboukundige funksie • die koördinering van kelder- en parsaktiwiteite • die totale wynmaakproses • IPW-rekordhouding en alle SAWISadministrasie • bestuur van kwaliteitkontrolestelsels • beheer, toesig en bestuur van kelderpersoneel • ander take wat met die pos verband hou.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...