Admin/Skakelbeampte
Closing Date : 2015-06-22
Closed : Yes
Description:
Slanghoek Kelder, geleë in die Slanghoek Vallei naby Rawsonville,beskik tans oor hierdie opwindende loopbaangeleentheid:
Indien jy tweetalig is, goeie menseverhoudinge handhaaf, ’n uitstekende kommunikeerder is, organisatories, onder druk en baie noukeurig kan werk, asook ’n sterk aanvoeling vir administrasie en bemarking het, is jy reg vir hierdie opwindende posisie. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie asook rekenaarvaardigheid is vereistes vir die pos, terwyl vorige soortgelyke ondervinding in die aansoeker se guns sal tel.
Die suksesvolle kandidaat se veelsydige pligte behels onder andere: • wynsentrumadministrasie en verkope • organisering en koördinering van promosies en wynfeeste • die aanbieding van formele en informele wynproeë • skakeling met kliënte en alle ander belangegroepe • bemarkings- en skakelaktiwiteite • die uitbou en handhawing van kliënteverhoudinge binne die wynbedryf • voorraadbeheer • alle ander take verwant aan die pos.
In ruil bied Slanghoek Kelder ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...