Job Details

Administratiewe Assistent (Verkope/Aankope)

Closing Date : 2019-06-21
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n verpakkings-maatskappy in die Paarl, het tans die volgende posisie beskikbaar: ADMINISTRATIEWE ASSISTENT (VERKOPE/AANKOPE) Hierdie is ’n uitstekende loopbaangeleentheid vir ’n betroubare, energieke en self-gemotiveerde persoon met sterk interpersoonlike- en administratiewe vaardighede, en die vermoë om akkuraat onder druk te kan werk. Die suksesvolle kandidaat beskik oor ’n Senior Sertifikaat en minstens twee (2) jaar ervaring in ’n administratiewe posisie. ’n Geldige Kode-B bestuurderslisensie en sterk rekenaarvaardighede is voorvereistes vir die posisie. Pligte en verantwoordelikhede sal onder andere die volgende insluit: • administrasie en opvolg van verkoops- en aankoopsbestellings • rekordhouding van kwotasies • kommunikasie met kliënte en verskaffers • algemene administratiewe ondersteuning • alle ander take wat met die posisie verband hou. In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan. Indien u belangstel, doen asseblief voor 09:00 op 21 Junie 2019 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u binne twee (2) weke na die sluitingsdatum vir aansoeke nog geen terugvoering ontvang het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...