Job Details

Bestuurder/Wynmaker (Wynlandgoed)

Closing Date : 2015-10-13
Closed : Yes
Description:
BESTUURDER/WYNMAKER (Wynlandgoed) Ons kliënt, ’n toonaangewende wynlandgoed in die Riebeek-Wes area, beskik tans oor die bogenoemde betrekking. Die geskikte kandidaat moet goeie menseverhoudinge kan handhaaf, op alle vlakke kan kommunikeer, passievol wees, onafhanklik kan werk en eie inisiatief kan gebruik. Praktiese ondervinding van ongeveer 5-10 jaar asook ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie in Wingerd en Wynkunde is verdere vereistes vir die pos. Die suksesvolle kandidaat rapporteer direk aan die Eienaar en is verantwoordelik vir * die wingerdboukundige funksie * die köordinering van kelder- en parsaktiwiteite * die totale wynmaakproses * IPW rekordhouding en alle SAWIS administrasie * bestuur van kwaliteitskontrole stelsels * beheer, toesig en bestuur van kelderpersoneel sowel as ander take wat normaalweg met die pos assosieer word. In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt’n mededingende vergoedingspakket aan. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...