Rekenmeester
Closing Date : 2015-09-17
Closed : Yes
Description:
Rekenmeester
Bacchus Equipment, ’n gevestigde, toonaangewendeverskaffer aan die wyn- en olyfbedrywe, beskik oor boge-noemde vakature in die Paarl. Die ideale kandidaat is ’n uitstekende kommunikeerder met goeie interpersoonlike en leierskapsvaardighede.
Die pos vereis ’n toepaslike kwalifikasie en minstens 2 jaar ervaring in ’n soortgelyke posisie. Rekenaargeletterdheid is ’n verdere vereiste, terwyl ervaring van finansiële stelsels en verwante wetgewing, in die aansoeker se guns sal tel.
Die suksesvolle kandidaat sal vir die volgende pligte verantwoordelik wees:• debiteure en krediteure • verskaffer-faktuurverwerking en toekennings• projekrekonsiliasies en toekennings aan projeknommers • verwerking van kontrakte • betaalstaatadministrasie • finansiële sake-administrasie • bankrekonsiliasies • statutêre opgawes (BTW) • kontantvloeibestuur • begrotingsbeheer • alle ander ad hoc- finansiële take wat met die pos verband hou.
In ruil bied ons kliënt ’n mededingende salaris.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 17 September 2015. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke vanaf die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...