Job Details

Ontvangs en Tegniese Assistent - Nexus AG (Paarl)

Closing Date : 2019-05-08
Closed : Yes
Description:
NexusAG, met sy kantore geleë in Paarl, beskik tans oor bogenoemde betrekking vir ’n gedrewe en toegewyde persoon met ’n kombinasie van goed ontwikkelde interpersoonlike en kommunikasievaardighede. Die ideale kandidaat is goed tweetalig, selfversekerd met ’n natuurlike syferaanleg en kan organisatories onder druk en noukeurig werk. Deeglike administratiewe vaardighede en goeie rekenaarvaardigheid (MS Office) is verdere vereistes. Die ideale kandidaat het bewese ervaring van ten minste 3-5 jaar in ’n soortgelyke posisie en moet in staat wees om ’n professionele, korporatiewe beeld uit te straal. Ondervinding in die landbou industrie sal in die kandidaat se voordeel tel. Die suksesvolle kandidaat se verantwoordelikhede sluit onder andere in: • ontvangs en skakelbord • byhou van dagboeke • reël van afsprake • bespreking van vergaderlokale en reël van vergaderings, opleidings en funksies • uitstuur van kennisgewings van vergaderings • koördinering van Tegniese afdeling se kantoor • tik en versprei van dokumente en kommunikasie • dataverwerking • byhou en beskikbaarstelling van noodsaaklike inligting en/of dokumentasie. Doen asseblief voor 09:00 op 8 Mei 2019 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management op 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...