Job Details

Debiteure en Krediteure Asst (3 maande tydelik)

Closing Date : 2019-04-16
Closed : Yes
Description:
Plantverbetering SA, met sy hoofkantoor geleë in die Paarl, beskik tans oor die onderstaande vakature: Debiteure en Krediteure Assistent (3 maande tydelik) Die suksesvolle aansoeker moet energiek en dinamies wees, eie inisiatief kan gebruik en moet beskik oor goeie kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels. Drie (3) jaar ondervinding in 'n soortgelyke betrekking met deeglike administratiewe, rekenaar- (Pastel en E-filling) en syfervaardighede is verdere vereistes vir hierdie pos terwyl ‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie in die aansoeker se guns sal tel. Die aansoeker sal verantwoordelik wees vir die rekeningkundige funksies, onder andere debiteure, krediteure, byhou van rekeningkundige rekords op Pastel, uitstuur van state en btw rekonsiliasie asook ander ad hoc administratiewe take. In ruil bied die werkgewer ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 16 April 2019 Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444. Diensaanvaarding: 24 April 2019. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...