Job Details

Liasseer Klerk - Nexus AG

Closing Date : 2019-04-15
Closed : Yes
Description:
NexusAG is een van die voorste verspreiders wat omvattende gewasoplossings aan hul kliënte in Suider- Afrika bied LIASSEER KLERK NexusAG, met sy kantore geleë in die Paarl, beskik tans oor bogenoemde betrekking vir ‘n dinamiese persoon om by die span aan te sluit. Die geskikte kandidaat beskik oor uitstekende organiseringsvermoë en administrasie vaardighede, is akkuraat, netjies en deeglik en kan onder druk presteer. ‘n Matrieksertifikaat, geldige rybewys (kode B of hoër) en rekenaarvaardigheid (MS Excel, MS Word, Outlook) is verdere vereistes vir die pos. Die ideale kandidaat het minstens 2 jaar ervaring in ‘n soortgelyke pos, beskik oor eie vervoer en moet bereid wees om pakkies en lêers rond te dra. Die suksesvolle kandidaat sal aan die Operasionele Bestuurder rapporteer en verantwoordelikhede sluit onder andere in: * liassering van alle daaglikse dokumentasie * sortering en uitdeel van dokumente * afbind van lêers * byhou van liasseringsregister * daaglikse kolleksie roete na store en verskaffers * opmaak en vervoer van pakkies * assistering met voorraadtellings * ander algemene take wat met die pos verband hou. Doen asseblief voor 09:00 op 15 April 2019 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management op 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...