Finansiële Assistent - Nexus AG
Closing Date : 2019-04-15
Closed : Yes
Description:
NexusAG is een van die voorste verspreiders wat omvattende gewasoplossings aan hul kliënte in Suider- Afrika bied
FINANSIËLE ASSISTENT
NexusAG, met sy kantore geleë in die Paarl, beskik tans oor bogenoemde betrekking vir ‘n energieke, dinamiese persoon om by die finansiële span aan te sluit. Die geskikte kandidaat beskik oor ‘n sistematiese, professionele benadering, logiese denke ten opsigte van probleemoplossing, is uiters akkuraat en deeglik en kan onder druk presteer. ‘n Matrieksertifikaat en rekenaarvaardighede (MS Excel, MS Word, Outlook) is verdere vereistes vir die pos. Die ideale kandidaat het minstens 2 jaar ervaring in ‘n soortgelyke pos, terwyl kennis van Sage X3 die aansoek sal versterk.
Die suksesvolle kandidaat sal aan die Rekenmeester rapporteer en verantwoordelikhede sluit onder andere in: * akkurate vaslegging van krediteure fakture * opvolg van navrae met verskaffers * adhoc voorbereiding van krediteure rekonsiliasies * byhou en kontrolering van kleinkas * skakeling met ouditeure soos nodig * alle algemene finansiële administrasie wat met die pos verband hou.
Doen asseblief voor 09:00 op 15 April 2019 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management op 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...