Job Details

Bemarking- en Verkoopskonsultant: Wynbedryf

Closing Date : 2019-04-08
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n toonaangewende verskaffer aan die Suid-Afrikaanse wynbedryf, beskik tans oor die volgende betrekking by hulle kantore in die Paarl: Bemarking- en Verkoopskonsultant: Wynbedryf (Masjinerie, chemikalieë en produkte) Hierdie is ‘n uitmuntende loopbaangeleentheid vir ’n gedrewe persoon met ’n positiewe, energieke en entoesiastiese lewensbenadering. Die suksesvolle kandidaat moet oor uitstekende verkoops-, taal- en kommunikasievaardighede beskik en met mense op alle vlakke kan kommunikeer. ‘n Toepaslike naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde asook 3 jaar wynmaakondervinding is ’n posvereiste terwyl bemarkings-/ verkoopsondervinding in die aansoeker se guns sal tel. Die suksesvolle aansoeker sal verantwoordelik wees vir skakeling met kliënteverhoudinge, verkope en bemarking van produkte, voorraadkontrole en alle ander funksies wat met die pos verband hou. In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 8 April 2019. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management, tel. 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...