Mediese Ontvangsdame
Closing Date : 2019-03-20
Closed : Yes
Description:
Ons klient, geleë in Paarl beskik tans oor ’n loopbaan geleentheid vir ’n betroubare, energieke en selfgemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk te kan werk. Ten minste drie jaar toepaslike ondervinding in 'n soortgelyke betrekking, Matriek en deeglike administratiewe en rekenaarvaardighede sal in die aansoeker se guns tel.
Pligte: * skakelbord * opening van pasiënt leêrs *kliënte- en verskaffer skakeling * maak van afsprake * assisteer met fakturering en betalings * verwerking van fakture en kredietnotas soos benodig * opvolg van uitstaande debiteure * skakel met mediese fondse * ad hoc administratiewe en sekretariële pligte.
Mededingende vergoedingspakket word aangebied.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 20 Maart 2019. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444.
Diensaanvaarding so spoedig moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...