Job Details

Ontvangsdame

Closing Date : 2015-09-11
Closed : Yes
Description:
ONTVANGSDAME Abacus Asset Management, geleë in Stellenbosch, beskik tans oor ‘n uitstekende loopbaangeleentheid vir ’n vriendelike, vlot tweetalige persoon wat goed met mense op alle vlakke kan kommunikeer. Die pos vereis twee tot drie jaar ondervinding in ‘n soortgelyke betrekking. Deeglike administratiewe en rekenaarvaardighede (MS Word, Excel, Internet en e-pos) asook eie vervoer is verdere vereistes vir die pos. Pligte behels onder andere: • hantering van skakelbord • kliënteskakeling • ad hocadministratiewe en sekretariële pligte • alle ander take wat met die pos verband hou. In ruil vir jou bydrae bied Abacus Asset Management ’n mededingende vergoedingspakket aan. Diensaanvaarding: So Spoedig as moontlik Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...