Job Details

Administratiewe Pos - Rooiberg Wynkelder

Closing Date : 2019-03-20
Closed : Yes
Description:
Rooiberg Wynkelder in die pragtige Robertson Wynvallei, beskik tans oor die volgende betrekking: ADMINISTRATIEWE POS Hierdie is ’n geleentheid vir 'n vlot tweetalige persoon wat goed met mense op alle vlakke kan kommunikeer en oor baie sterk administratiewe vaardighede beskik. 'n Toepaslike naskoolse kwalifikasie en rekenaarvaardigheid is vereistes vir die pos. Ondervinding van die wynbedryf, asook kennis van sosiale media- en webblad-onderhoud, sal in die aansoeker se guns tel. ‘n Bestuurslisensie en eie vervoer is ’n vereiste. Die veelsydige pligte behels o a: * algemene sekretariële werk * hantering van skakelbord * skakeling met kliënte, aandeelhouers en alle belangegroepe binne en buite die kelder * logistieke reëlings met betrekking tot bestellings * assisteer met promosies en by wynfeeste * die aanbied van informele wynproeë * sosiale media * alle verwante administratiewe en ad hoc take eie aan hierdie pos. In ruil vir jou bydrae bied Rooiberg Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 20 Maart 2019. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie

×Please sign-in or register before you can apply for this job...