Job Details

Leerder-Landbougewas Adviseur - Nexus AG

Closing Date : 2019-03-13
Closed : Yes
Description:
NexusAG is een van die voorste verspreiders wat omvattende gewasoplossings aan hul kliënte in Suider-Afrika bied. LEERDER-LANDBOUGEWASADVISEUR ’n Ideale geleentheid bestaan vir ’n verkoopsgedrewe persoon wat as Leerder-landbougewas-Adviseur sal optree. Die geskikte kandidaat beskik oor: • ’n toepaslike kwalifikasie (B.Sc/B.Agric/ Diploma in Landbou) • uitstekende kommunikasievermoëns (in beide Afrikaans en Engels) • bogemiddelde leiereienskappe en bemarkingsvaardighede • uitstekende interpersoonlike vaardighede • die vermoë om ’n kliëntebasis op te bou en te onderhou • bereidwilligheid om te reis • ondervinding ten opsigte van presisie-boerderydienste sal in die kandidaat se guns tel. Die leerderskap bied aan die ideale kandidaat die geleentheid om blootstelling binne NexusAG-agentskappe te kry, in die volgende areas: • tegniese konsultering op plaasvlak • bemarking en verkope • marknavorsing • verkoopsvooruitskattings • die daarstelling van ’n bemarkingstrategie en bemarkingsbeplanning • verslagdoening • die bestuur van ’n depot en depotpersoneel. Doen asseblief voor 09:00 op 13 Maart 2019 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management op tel. 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...