Eenheidsbestuurder en Administratiewe Beampte
Closing Date : 2019-01-22
Closed : Yes
Description:
RENNIE FARMS (PYT) LTD
Rennie Farms, ‘n markleier in die bedryf en verskaffer aan gevestigde supermarkte, geleë in die Vioolsdrif omgewing, beskik tans oor twee uitdagende posisies en wag op aansoeke van hardwerkende, energieke bestuurspare met ‘n liefde vir boerdery.
EENHEIDSBESTUURDER – tamaties en komkommers
Die suksesvolle kandidaat sal aan die Produksiebestuurder rapporteer. Kennis van tamatie en komkommer verbouing sal vookeur geniet maar boere met bewese groente ondervinding sal ook oorweeg word. Verdere vereistes is bo-gemiddelde menseverhoudige en kommunikasievaardighede, ondersteun deur ‘n deeglike tegniese kennis van besproeiing, bemesting en bespuitings. Kennis van gehaltebestuurstelsels soos Globalgap sal in die aansoeker se guns tel.
Pligte sal onder meer behels: effektiewe aanwending en bestuur van arbeid met maksimum produktiwiteit, grondvoorbereiding, pro-aktiewe water- en onkruidbestuur, beplanning en effektiewe produksiebestuur, asook alle aspekte van oes van groente, basiese instandhouding, deeglike rekordhouding en verfyning en verbetering van bestaande sisteme.
‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie in landbou sal in die aansoeker se guns tel maar is nie ‘n posvereiste nie.
ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
Die pligte behels onder andere alle administratiewe en sekretariële pligte * payroll * primêre finansiële administrasie en alle ander administratiewe take verwant aan gehaltebestuur stelsels soos Global Gap.
Daar word markverwante vergoedingspakkette met voordele eie aan die bedryf aan die poste gekoppel.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 22 Januarie 2019. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...