Junior Wynmaker - Lutzville Wingerde
Closing Date : 2018-11-20
Closed : Yes
Description:
Lutzville Wingerde, geleë op die Weskus Wynroete, bied ’n opwindende loopbaangeleentheid aan vir ’n:
Junior Wynmaker
Die suksesvolle kandidaat is georganiseerd, toegewyd, eerlik, selfgemotifeerd en kan onder druk funksioneer. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie (BSc/BAgric Wynkunde) asook rekenaarvaardighede is ’n vereiste vir die pos, terwyl toepaslike ondervinding in die aansoeker se guns sal tel.
Die pligte behels die volle spektrum van die wynmaakproses insluitend: • Die koördinering van parsaktiwiteite • Bestuur van gehaltebeheerstelsels (HACCP/BRC/EzyWine) • Vooraadbeheer en produksie-administrasie • Beheer en toesig oor kelderpersoneel.
Hierdie pos bied vinnige vorderingspotensiaal.
Doen asseblief voor 09:00 op 20 November 2018 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir enige verdere navrae, kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...