Landbou Gewas Adviseurs (3 poste)
Closing Date : 2018-11-06
Closed : Yes
Description:
NexusAG is een van die voorste verspreiders wat omvattende gewasoplossings aan hul kliënte in Suider-Afrika bied
LANDBOU GEWAS ADVISEURS
3 poste • Citrusdal , Robertson, Swartland
’n Ideale geleentheid bestaan vir ’n ervare, dinamiese en self-gemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk in die landbousektor te kan werk. ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie in ’n landbouverwante studierigting, kennis van oesbeskermingslandboumiddels, grondkondisionerings- en voedingsprodukte, kennis van gewasse (fokus op wingerd, groente, sitrus, graangewasse), en ’n Croplife-sertifikaat is vereistes terwyl bewese verkoops- en bemarkingskundigheid in die
aansoeker se guns sal tel.
Pligte behels o.a. • aanbeveling van geïntegreerde gewasbestuursprogramme • bemarking en verkope van ’n volle reeks geskikte oesbeskermingslandboumiddels • verskaffing van spesialis tegniese advies en ondersteuningsdienste • marknavorsing en verkoopsvooruitskatting • bemarkingstrategieë en beplanning • verslagdoening, sowel as ander take wat normaalweg met die pos geassosieer word.
’n Markverwante vergoedingspakket sal in ooreenstemming met die senioriteit van die pos beding word.
Doen asseblief voor 09:00 op 6 November 2018 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital op tel. 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...