Job Details

Senior Menslike Hulpbron Beampte - Rennie Farms

Closing Date : 2018-11-05
Closed : Yes
Description:
Rennie Farms, `n gevestigde boerdery met sy plase in die Paarl en Vioolsdrift, maar hoofkantoor in die Paarl, het tans die volgende pos beskikbaar: SENIOR MENSLIKE HULPBRON BEAMPTE Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die administrasie en bestuur van die volledige menslike hulpbron funksie. Die vernaamste verantwoordelikhede sluit in: die ontwikkeling en implementering van beleide, prosedures en prosesse wat in lyn is met relevante wetgewing en lei tot die effektiewe gebruik van menslike hulpbronne. Die suksesvolle kandidaat moet: ten volle tweetalig wees (Afrikaans en Engels), besonderse akkuraatheid kan demonstreer, aanpasbaar wees, bereid wees om te reis, goeie kommunikasie vaardighede hê, mense bestuur vaardighede hê en akkuraat kan kommunikeer. `n Relevante tersiêre kwalifikasie (`n graad of diploma in Menslike Hulpbron Bestuur of `n graad in Bedryfsielkunde) en 3 tot 5 jaar ervaring in `n soortgelyke posisie is `n vereiste vir die pos. Gevorderde administratiewe vaardighede, rekenaar vaardighede, asook voldoende kennis van arbeidswetgewing is verdere vereistes vir die pos. Ervaring in `n soortgelyke omgewing sal in die kandidaat se voordeel tel. Die suksesvolle kandidaat se verantwoordelikhede sluit onder andere in: • Interne kommunikasie • Menslike hulpbronne administrasie en sisteme • Opleiding en ontwikkeling • Werknemer welstand • Beleide en prosedures • Werwing, keuring en werknemer oriëntasie • Voldoenning aan relevante wetgewing • Prestasiebestuur • Arbeidsverhoudinge fasilitering In ruil vir u dienste bied ons kliënt `n kompeterende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aansoek aanlyn by www.m3online.co.za voor 09:00 op 5 November 2018. Vir enige navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management: 021 863 1444. Aanvangsdatum van die pos: So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoer ontvang binne twee weke na die sluitingsdatum van die pos nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...