Job Details

Hoof Uitvoerende Beampte - IPV

Closing Date : 2018-10-26
Closed : Yes
Description:
Die Inmaakvrugte Produsente Vereniging, ’n bedryfsorganisasie geleë in die Paarl, beskik tans oor die bogenoemde betrekking vir ’n passievolle strategiese denker en leier. Die geskikte kandidaat handhaaf uitstekende menseverhoudinge, kan op alle vlakke kommunikeer en beskik oor beproefde leierskapsvaardighede, hoë vlak emosionele intelligensie en onderhandelingsvaardighede. Bestuursondervinding (tien jaar plus) en ’n toepaslike nagraadse kwalifikasie is verdere vereistes, terwyl ervaring in die vrugtebedryf in die aansoeker se guns sal tel. Die suksevolle kandidaat sal aan die Raad rapporteer en is verantwoordelik vir die oorhoofste bestuursfunksie asook die neem van verantwoordelikheid vir die bedryf as ’n geheel. Van die vernaamste verantwoordelikhede sluit in: • strategiese bestuur • oorhoofse finansiële kontrole en begrotingsbestuur • skakeling met belangegroepe en koester van verhoudinge, plaaslik en internasionaal • markanalise • personeelbestuur. In ruil vir u bydrae bied die Inmaakvrugte Produsente Vereniging ‘n mededingende vergoedingspakket aan wat die senioriteit van die posisie weerspieël. Doen asseblief aanlyn aansoek voor 09:00, 26 Oktober 2018 by www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: Januarie 2019. Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...