Wynmaker - Klawer Wynkelder
Closing Date : 2018-10-16
Closed : Yes
Description:
Klawer Wynkelder, geleë in die Olifantsrivier Wynstreek, beskik tans oor bogenoemde wynmakerpos. Die suksesvolle kandidaat is‘n goeie kommunikeerder met ‘n naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde met ten minste 3 tot 5 jaar ondervinding van die totale wynmaakproses.
Die Wynmaker rapporteer direk aan die Produksiebestuurder en is verantwoordelik vir * die koördinering van parsaktiwiteite * die totale wynmaakproses * versnyding en stabilisering van wyn * skakeling met wynaankopers * bestuur van kwaliteitskontrole stelsels (ISO) * wingerdboupraktyke * voorraadbeheer en produksie administrasie * beheer en toesig oor kelderpersoneel sowel as ander take wat normaalweg met die pos geassosieer word.
In ruil vir u dienste bied Klawer Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 16 Oktober 2018. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444.
Diensaanvaarding: so spoedig moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...