Job Details

Junior Bemarker (Koerierdienste)

Closing Date : 2015-07-24
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n gevestigde koerierdiens met hulle hoofkantoor geleë in die Paarl, beskik tans oor hierdie opwindende geleentheid vir ’n kandidaat met uitstekende kommunikasie vaardighede in beide Afrikaans en Engels asook ’n natuurlike aanvoeling vir bemarking om hulle dienste in die Stellenbosch/Franschhoek/Paarl area te bemark. ’n Toepaslike kwalifikasie in bemarking sowel as 2 tot 3 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke betrekking is vereistes vir die pos. Kandidate moet oor hulle eie betroubare vervoer beskik. Die suksesvolle aansoeker sal verantwoordelik wees vir die totale bemarkingsfunksie van die kliënt se dienste, skakeling met bestaande en nuwe kliënte asook vestiging en uitbou van besigheidsverhoudinge. In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...