Job Details

Rekenmeester - Rhebokskloof Wynlandgoed

Closing Date : 2018-09-25
Closed : Yes
Description:
Rhebokskloof Wynlandgoed, geleë naby die Paarl, beskik tans oor die volgende betrekking vir 'n dinamiese, self-gemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk te werk. ’n Toepaslike BComm graad, voltooide SAIPA / SAICA-klerkskap, minimum 3 jaar werksondervinding, uitstekende finansiële vaardighede, rekenaarvaardighede (Pastel, MS Office) asook kennis van toepaslike wetgewing is vereistes vir die pos. Ervaring in die wynbedryf sal in die aansoeker se guns tel. Hierdie posbekleër sal verantwoordelik wees om die finansiële bestuurder te ondersteun deur die doeltreffende kontrole en uitvoering van finansiële en administratiewe funksies, insluitend die volgende: • Rekonsiliering van bankstate • opstel van begrotings en bestuursverslae • krediteure- en debiteurekontrole administrasie en rekonsiliasies • hantering van statutêre verpligtinge • skakeling met ouditeure• Algemene finansiële administrasie. ‘n Markverwante vergoedingspakket sal in ooreenstemming met die senioriteit van die pos beding word. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 25 September 2018. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital op tel. 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was

×Please sign-in or register before you can apply for this job...