Logistieke/Stoorbestuurder - Marble Hall
Closing Date : 2018-09-18
Closed : Yes
Description:
Logistieke/Stoorbestuurder
(Pakmateriaal)
Prisma Packaging, met sy aanleg geleë in Marble Hall, beskik tans oor ’n uitdagende loopbaan geleentheid vir ’n betroubare, energieke en selfgemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat onder druk te kan werk. Rekenaarvaardigheid en 5 jaar toepaslike ondervinding van logistieke/stoorbestuur is vereistes vir die pos terwyl ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie en ondervinding van vrugtepakmateriaal gunstig oorweeg sal word.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die doeltreffende algemene bestuur van die stoor asook: • ontvangs/inname van produkte en voorraad • kontrole en koördinering van voorraad • versending van voorraad • bestuur van volle logistieke funksies • skakeling met verskaffers en kliënte • personeelbestuur • voertuigadministrasie en koördinering van instandhouding • alle administratiewe funksies verwant aan die pos.
In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 18 September 2018. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...