Job Details

Rekenmeester (Paarl) - Nexus AG

Closing Date : 2018-08-31
Closed : Yes
Description:
NexusAG is een van die voorste verspreiders wat omvattende gewasoplossings aan hul kliënte in Suider-Afrika bied. REKENMEESTER(Paarl) Die suksesvolle kandidaat beskik oor ’n sistematiese professionele benadering en logiese denke ten opsigte van probleemoplossing. ’n Toepaslike BComm graad • voltooide SAIPA-/SAICA-klerkskap • minimum 3 jaar werksondervinding, uitstekende finansiële vaardighede • rekenaarvaardighede (SAGE, MS Office – Excel spesifiek) asook kennis van toepaslike wetgewing is vereistes vir die pos. Vorige ondervinding in ’n soortgelyke pos in die landbousektor sal in die aansoeker se guns tel. Hierdie posbekleër sal verantwoordelik wees om die Finansiële Bestuurder te ondersteun deur die doeltreffende kontrole en uitvoering van finansiële en administratiewe funksies, insluitend die volgende: • Rekonsiliasie van bankstate • opstel van begrotings en bestuursverslae • administrasie en rekonsiliasies van krediteure- en debiteurekontrole • Kommissieberekening en -rekonsiliasies • hantering van statutêre verpligtinge • hantering van agentskapregistrasies en -versekering • skakeling met ouditeure • algemene finansiële administrasie van die maatskappye in die groep. ‘n Markverwante vergoedingspakket sal in ooreenstemming met die senioriteit van die pos beding word. Doen asseblief voor 09:00 op 31 Augustus 2018 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital op tel. 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...