Bemarkingsbestuurder - Nuy Wynkelder
Closing Date : 2018-08-22
Closed : Yes
Description:
Nuy Wynkelder, geleë in die Worcester Wynvallei, beskik tans oor bogenoemde vakature om hulle produkte te bemark.
Hierdie is ’n uitmuntende loopbaangeleentheid vir ’n energieke persoon met ‘n entoesiastiese lewensbenadering. Die geskikte kandidaat is sterk tweetalig en rekenaarvaardig, beskik oor ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie en kan goed binne spanverband saamwerk. Gevorderde rekenaarvaardighede is ’n verdere vereiste vir die pos, terwyl ’n kundige agtergrond in die wynbedryf in die aansoeker se guns sal tel.
Die geskikte kandidaat se verantwoordelikhede behels die volgende •bestuur van bestaande kliënte, asook die werwing van nuwe kliënte • bestuur van strategiese bemarkingsplan soos bepaal deur Direksie • bestuur van die handelsmerkportefeuljes • koördinering en bestuur van alle kommunikasiekanale en sosiale netwerke in die mark • voorraadbestuur in samewerking met die Logistieke Bestuurder • alle ander pligte wat met hierdie pos verband hou.
In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief voor 09:00 op 22 Augustus 2018 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by tel. 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...