Job Details

Assistent Wynmaker - Stellenzicht Wines

Closing Date : 2018-08-06
Closed : Yes
Description:
Stellenzicht Wines, geleë in Stellenbosch, benodig ’n dinamiese jong wynmaker met sterk interpersoonlike en leierskaps-vaardighede, wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wynkunde. Ongeveer drie jaar toepaslike ondervinding, internasionaal en plaaslik, is ’n verdere vereiste vir die pos. Die Assistent Wynmaker is verantwoordelik vir * die koördinering van parsaktiwiteite * nasorg, versnyding en stabilisering van wyn * voorraadbeheer en kelderhigiëne * die wynmaakproses saam met Keldermeester * beheer en toesig oor kelderpersoneel * skakeling ten opsigte van bottelwynverkope, wynproë en –promosies * alle administratiewe funksies verwant aan die pos. In ruil vir jou bydrae bied Stellenzicht Wines ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 6 Augustus 2018. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...