Ontvang/PA en Finansiële Assistent - Nexus AG
Closing Date : 2018-08-02
Closed : Yes
Description:
NexusAG is een van die voorste verspreiders wat omvattende gewasoplossings aan hul kliënte in Suider-Afrika bied.
ONTVANGS/PERSOONLIKE EN FINANSIËLE ASSISTENT
(PAARL)
Die ideale kandidaat is goed tweetalig, selfversekerd en toegewyd met ’n natuurlike syferaanleg en kan organisatories, onder druk en baie noukeurig werk. Deeglike administratiewe vaardighede en rekenaarvaardigheid (MS Office/Sage X3) is verdere voorvereistes. Die ideale kandidaat het bewese ervaring van ten minste 3-5 jaar in ’n soortgelyke posisie en moet in staat wees om ’n professionele korporatiewe beeld uit te straal.
Die aansoeker sal verantwoordelik wees vir die koördinering van alle persoonlike, sekretariële en administratiewe take wat die volgende insluit: • fakturering • vaslegging van krediteure • kleinkasadministrasie • ontvangs en skakelbord • byhou van dagboeke • reël van afsprake • bespreking van vergaderlokale en reël van vergaderings en funksies • uitstuur van kennisgewings van vergaderings • opstel van agendas • verspreiding van notules en alle ander take wat met hierdie soort pos verband hou.
In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief voor 09:00 op 2 Augustus 2018 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir enige verdere navrae kontak Ilze van Niekerk by tel. 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...