Rekeningkundige Klerk (SAIPA)
Closing Date : 2015-09-29
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, geleë in die Paarl, beskik tans oor ’n permanente geleentheid vir ’n
Rekeningkundige Klerk
(SAIPA)
Die ideale kandidaat is toegewyd, goedgeorganiseerd, en kan onder druk en baie noukeurig met syfers kan werk. ’n Toepaslike kwalifikasie of ten minste een voltooide nagraadse jaar met deeglike rekeningkundige en administratiewe vaardighede sal in u guns tel, terwyl rekenaarvaardigheid in Excel en ’n aanleg vir syfers voorvereistes is.
Die pos rapporteer aan die maatskappyvennote en senior rekenmeesters.
In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 29 September 2015. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik.
Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...