Proelokaalbestuurder - De Wet Wynkelder
Closing Date : 2018-06-25
Closed : Yes
Description:
Proelokaalbestuurder
De Wet Wynkelder, geleë in die skilderagtige Worcester Wynstreek, beskik tans oor die bogenoemde posisie, wat deel vorm van opwindende uitbreidingsplanne. Die suksesvolle kandidaat is interpersoonlik sterk, gebruik eie inisiatief, is verantwoordelik en vlot tweetalig. ’n Toepaslike náskoolse kwalifikasie en ondervinding in die verkope van wyn, aanbieding van wynproeë en gepaardgaande administrasie is vereistes vir die pos.
Die Proelokaalbestuurder is verantwoordelik vir: • die ontvangs van besoekers • koördinering van funksies/feeste/wynproeë • aanbieding van wynproeë • wynverkope • wynadministrasie • bestuur van sosiale mediaplatforms • voorraadbeheer • hulp met plaaslike bemarking • logistieke administrasie • alle ander administratiewe funksies wat met die pos verband hou.
De Wet Wynkelder bied ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief voor 09:00 op 25 Junie 2018 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management op tel. 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...