Job Details

Assistent-Wynmaker - McGregor Wines

Closing Date : 2018-06-18
Closed : Yes
Description:
McGregor Wines, geleë in die skilderagtige Robertson Wynvallei, beskik tans oor die volgende betrekking. ASSISTENT-WYNMAKER Hierdie is ’n uitdagende geleentheid vir ‘n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede, wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wynkunde. Toepaslike ondervinding sal sterk in die aansoeker se guns tel, maar is nie ’n vereiste vir die pos nie. Die Assistent-Wynmaker rapporteer direk aan die Hoof Wynmaker en is verantwoordelik vir * die köordinering van parsaktiwiteite * nasorg, versnyding en stabilisering van wyn * koördinering van kwaliteitskontrolestelsels * die wynmaakproses saam met die wynmakerspan * kelderadministrasie * beheer en toesig oor kelderpersoneel * skakeling ten opsigte van wynproë en –promosies * alle ander take verwant aan die pos. In ruil vir jou bydrae bied McGregor Wines ’n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos sal weerspieël. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 17:00 op 18 Junie. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management op 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik

×Please sign-in or register before you can apply for this job...