Job Details

Boekhouer/Kantoorbestuurder

Closing Date : 2018-06-08
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n landbouchemiese agentskap geleë in Stellenbosch, benodig tans die dienste van ’n: Boekhouer/Kantoorbestuurder Die suksesvolle aansoeker moet ten volle tweetalig wees, organisatories en baie noukeurig kan werk en ook oor ’n sterk finansiële aanleg beskik. Hierdie werksomgewing verlang deeglikheid, goeie menseverhoudinge en ’n volwasse karakter. Matriek en ondervinding van rekeningkundige (Pastel en Sage tot op proefbalans), administratiewe werk, asook rekenaarvaardigheid is vereistes vir hierdie pos. Die aansoeker rapporteer direk aan die Eienaars en sal verantwoordelik wees vir alle administratiewe en rekeningkundige funksies wat onder andere die volgende behels: • rekonsiliasie van debiteure, krediteure, bankstate en BTW • kleinkas • kasboekinskrywings en ontledings • deposito’s • hantering van die skakelbord • voorraadbeheer en logistieke koördinering • liassering en tikwerk • ander ad hoc administratiewe take. In ruil bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief voor 09:00 op 8 Junie 2018 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management, tel. 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...